Mense, ek wil gou met julle iets deel van Unity Health. Ek het 'n week of so terug van 'n leer geval en my knieg se meniskus afgeskeur en 'n fraktuur op my voor been net onder die knieg. Ek het deur tannie Katryn by 'n Riana vroutjie van Unity Health uitgekom om my te help. Van dag een wat ek met haar gewerk het, is sy so behulpsaam gewees. Die medies vanself het van die dokters tot extrale, MRI scan, spesialis, hospitaal vir my operasie Donderdag met na ondersoeke en fisio alles gedek met geen bybetaling of enige storie van hulle dek dit nie. Ek moet sê, dit is regtig verbasend goed van Unity Health, dan die vrou, Riana is 'n uitmuntende persoon met haar diens, as ek iets moes doen soos 'n voorbeeld, die MRI scan, het ek haar gebel en dit was nie eers 5 minute nie, dan het ek my authorization nr gehad, sy het my elke keer op datum gehou van wat moet gebeur, 7 uur die aand of vroeg die oggend was sy op die ball. As ek gedink het ek moet haar bel vir iets, was sy een voor my, die oomblik as ek my dokumentasie vir haar gestuur het, het sy my gekontak en gesê sy het dit gekry, as sy dit nie volgens haar vroeg genoeg gekry het nie, het sy my gebel en geherinner.
Julle kan gerus wees as jul by Unity Health is en met Riana werk, sy is regtig iemand by wie baie mense kan leer wat diens is.
Gedink ek deel dit met julle